sign uplike

Need help? Contact us: +27 (12) 460 6033 or ben.barnard01@gmail.com

Loof die Here

Product Image

Availability In Stock

R155.00

Fanie Smit het 'n lang verbintenis met die Radio. Ná voltooing van sy studies as predikant aan die Universiteit van Stellenbosh in 1963, was hy vier jaar lank verbonde aan die NG Kerk se Sendingaksie in Malawi, waar hy behulpsaam was met die vervaardiging van godienstige programme vir die inheemse kerk. In 1970 word hy na die NG Gemeente Birchleigh beroep en in 1973 aanvaar hy die pos as omroeper/regisseur by die destydse Afrikaanse diens. 'n Jaar later word hy die eerste regisseur by TV1 se nuutgestigte Departement vir Godsdienstige Programme. Afgesien van die gereelde formele programme, was hy ook verantwoordelik vir TV-reekse soos Bybel-ABC, Op die Voetspore van Christus, Akko - Spieëlbeeld van die Beskawing en ander dokumentêre programme. As vryskutregisseur vervaardig hy ook 'n paar reekse vir TV2 en TV3. In Februarie 1972 begin hy met sy vryskutprogram Alle Volke Loof die Here, wat met die uitsondering van 'n periode tussen 1985 en 1986, reeds 30 jaar lank ononderbroke uitgesaai word. Sedert 1996 word die program onder die titel Loof die Here op RSG uitgesaai. Hy het in 1998 met sy musiektoere begin met die doel om musiekliefhebbers na die bekende teaters en operahuise van Europa te neem. Sedert 2000 onderneem hy ook 'n jaarlikse Paasfees-musiektrein na die Kaap. {http://www.rsg.co.za/Aanbieder/18/Fanie-Smit#}

Artists
    Tracks